Ek sien jou ogies voor my, en wil my verbeel of hulle iets vir my wil se. Ek is te bang om regtig te hoor wat dit kan wees, ek is jammer my seun. Vir nou kan ek jou net belowe dat ons elke oomblik dink aan jou en saam met jou is terwyl jy hierdie groot stryd stry. Ons is lief vir jou en jy maak ons trots! Ek belowe ook dat ek die beste dokters vir jou sal soek en nie sal ophou bid nie, al laat my geloof my soms in die steek. Ek weet dat die engele Opdrag gekry het oor jou en dat hulle jou nooit alleen sal los nie. Hulle hou jou in Veiligheid. Soek hulle rondom jou my seun - hulle is daar!
2 Sam. 22:31
No comments:
Post a Comment